Polisielede is besig om ondersoek in te stel rakende die dood van drie mense wat dood aangetref is. ‘n Baas, Theo Kleynhans (60), en sy twee werkers, Mario Pretorius (23) en Chariska Kloppers (30) se liggame is Saterdagoggend in ‘n spoghuis in Menlopark, Pretoria gevind.
Die drie kollegas was na wat berig word Vrydag na werk uit vir ‘n paar drankies by ‘n restaurant. Hulle het glo daarna by Kleynhans se huis verder partytjie te gehou. ‘n Vrou is deur paramedici lewend op die toneel, maar sy is in ‘n kritieke toestand in Unitas hospitaal; haar identiteit is steeds onbekend.
Kleynhans is op die boonste verdieping van die huis gevind terwyl kloppers op die patio in ‘n stoel gesit het. Daar word beweer dat ‘n groot hoeveelheid drank, pille en dwelms in die huis gevind is.
Theo Kleynhans was die besturende direkteur by “The Property Management Company of SA”. Dit lyk nie of iemand anders in die huis was nie, maar daar sa
Continue reading…