Volledige beëdigde verklaring hieronder sodat U self kan besluit: Dit is welbekend dat groot bedrae geld bekom en bestee is om Cyril Ramaphosa te kry om NDZ in 2017 se ANC-leierskapsverkiesing, naelskraap te klop. Wat die jongste bewerings van kardinale belang maak, is dat die regter wat die BOSASA-korrupsiesaak gelei het, Raymond Zondo, die vermeende ontvanger van R5 miljoen kontant is. Die Valke het bevestig dat hulle vier sake ondersoek wat verband hou met die beëdigde verklaring deur die vermiste ANC-kader Phadima Fukula, oor korrupsie by Cyril Ramaphosa se CR17-verkiesingsveldtog, wat regter Raymond Zondo, Gwede Mantashe, die Ooskaap-premier Lubabalo Oscar Mabuyane, en Blade Nzimande betrek.
Die Direktoraat vir Prioriteitsmisdaadondersoek (Valke) het Dinsdag 4 Mei aangekondig dat hy vier sake ondersoek, wat verband hou met korrupsie-bewerings deur die ANC-fluitjieblaser Phadima Fukula. Een van die sake is in Gauteng geopen en die oorblywende drie in
Continue reading…