‘n Belangrike deel van ‘n eie ekonomie in Orania is om ‘n afsetgebied en vriendelike handelsbetrekkinge na buite te hê. Die Zebra Brouery in Orania het onlangs loodsgeleenthede in verskillende dorpe in die land gehad, om hulle bier bekend te stel aan ondersteuners wat dit wil bestel!
Die loodsgeleenthede in Pretoria en Potchefstroom het baie aandag getrek, en die bier is nou beskikbaar in dié stede. Volgens mede-eienaar van die brouery, Sarel Roets, is daar belangstelling van regoor die land sover as die Weskus en Oos-Kaap, maar dat die brouery se broukapasiteit hier in Orania eers sal moet uitbrei om verdere markte te kan bedien.
Luister Hier:
[embed]https://saukradio.com/wp-content/uploads/2021/07/5-Julie-Orania.mp3[/embed]
Die ‘Rebelbier’ het sy naam verdien toe Sarel en die ander eienaars tydens die strengste grendeltydperk, toe alkohol nog streng verbode was, die langtermynbelegging in ‘n brouery, (
Continue reading…