Daar word toenemend bespiegel oor die moontlikheid dat Jacob Zuma, Ace Magashule en Supra Mahumapelo van die ANC sal wegbreek om ‘n nuwe party te stig. Terwyl hulle al ‘n rukkie met die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party vlerke sleep, het die onlangse verwikkelinge in Supra en Ace Magashule se skorsing die tonge weer laat waai.
Natuurlik sou dit nie die eerste keer wees dat ‘n nuwe party van die ANC-karkas ‘wegbreek’ nie, met die EFF van Malema wat tot dusver die suksesvolste was, maar dit wil voorkom asof die drie mense nie genoeg steun vanuit ANC-geledere het om ‘n ordentlike nuwe party te stig nie. Dit is hoofsaaklik omdat daar ‘n mate van weerstand in ANC-geledere teen korrupsie is, en die verlede van die drie here dalk net te veel is om steun te kry.
Luister Hier: