Die Staatsveiligheidsagentskap (SSA) het bevestig dat Robert McBride, die omstrede hoof van die buitelandse tak van die agentskap, geskors is.
Die SSA het Donderdag egter geweier om besonderhede bekend te maak oor waarom hy geskors is, maar verlede week wou McBride nie kommentaar lewer op die mislukte Mosambiekse operasie nie. Sy kollegas het egter aan City Press gesê dat die Mosambiek-voorval nie die eerste fout was wat hy gepleeg het nie, en sedert sy aankoms by die agentskap het hy nie daarin geslaag om verhoudings te bou met kundige en ervare mense wat hom sou kon voorsien van goeie raad.
Luister Hier:
[embed]https://saukradio.com/wp-content/uploads/2021/07/9-Julie-RM.mp3[/embed]
Dit is nie duidelik of die skorsing verband hou met die vier mislukte Suid-Afrikaanse spioene in Maputo, Mosambiek, wat gevang is en terug na SA gestuur is, ná ‘n mislukte SSA-operasie vroeër vanjaar in die land.
Die verslag het g
Continue reading…