‘n Week gelede is Postmasburg se blanke melkman, Andries de Klerk (57), in die swart lokasie van Postmasburg met klippe doodgegooi terwyl hy melk daar afgelewer het, en nou is ‘n 64 jarige vrygewige Ouma van Dewetsdorp in die Vrystaat wreed met ‘n stomp voorwerp doodgeslaan, asof sy n rob is, na ‘n voertuigkaping terwyl sy ‘n TV stel aangery het na ‘n inwoner in die lokasie.
‘n Huilende Anzelle Cole het Donderdagoggend aan Netwerk24 vertel hoe haar ma, Iris Potgieter (64), wreed vermoor, en moontlik ook verkrag is, in die swart lokasie van Dewetsdorp. Anzelle het gesê dat haar ma op Woensdagmiddag 25 Augustus 2021 ‘n TV stel vir iemand in die lokasie aangery het.