Die hoogs aansteeklike Delta-variant van Covid-19 is in afvalwater by 25 suiweringsaanlegte in die Wes-Kaap opgespoor.
Die wetenskaplikes van die SA Mediese Navorsingsraad (SAMRC) het gesê hulle het die ontdekking gedoen nadat hulle reagense gekry het om vir die Delta-variant te toets.
Luister Hier:
[embed]https://saukradio.com/wp-content/uploads/2021/07/9-Julie-Delta-1.mp3[/embed]
“Die span het dit opgemerk as die dominante variant in dorpe in die Breedevallei (Worcester, Rawsonville, Touwsrivier en De Doorns), Theewaterskloof (Botrivier en Villiersdorp) sowel as in 19 afvalwaterbehandelingsaanlegte in die metropool in Kaapstad,” het dr Rabia Johnson, adjunkdirekteur van die SAMRC-biomediese navorsings- en innovasieplatform, gesê.
“Die afgelope twee maande het SAMRC-wetenskaplikes ondersoek ingestel na die aanwesigheid van mutasies wat verband hou met die Alpha- en Beta-variante in afvalwater… e
Continue reading…