Die ANC president het in April vanjaar aangekondig dat lede van die party wat vervolging in die gesig staar, hulle poste sal moet ontruim deur te bedank. Volgens ʼn woordvoerder van die ANC is daar nou ʼn neergelegde proses wat gevolg moet word voor skorsing gedoen kan word, en dit kan soveel as twee weke neem.
Die ingewikkelde deel is glo dat verskeie ANC lede in senior poste in die verskillende provinsiale regerings ook moes bedank volgens die Nasionale Uitvoerende Komitee se verklaring, wat nie gebeur het nie. Dit sal beteken dat daar waarskynlik ʼn reeks dissiplinêre verhore gehou gaan word, maar hieroor bestaan daar onduidelikheid oor hoe dit gedoen gaan word.
Luister Hier: