Nie dat dit ‘n verbasing was vir mense wat die ANC se onbevoegtheid ken nie, maar die swak beplanning, al was daar waarskuwings dat onluste sou uitbreek, en die onbeholpe hantering van die onluste-situasie deur die ANC-regering en sy wetstoepassingsagentskappe, in KwaZulu-Natal en Gauteng laas week, het die reeds sukkelende beleggersvertroue in Suid-Afrika ‘n ernstige knou toegedien.
Talle globalistiese maatskappye, waaronder Toyota, wat groot skade gely het nadat infrastruktuur afgebrand is, voorraad gesteel is en die blokkering van hoofweë, die vervoer van goedere verhinder het, het verdere investering in KwaZulu-Natal en die res van die land heroorweeg.
Luister Hier:
[embed]https://saukradio.com/wp-content/uploads/2021/07/22-Julie-stadig.mp3[/embed]
Die ruimte vir groei wat geskep is deur die onlangse opwaartse groei wat kommoditeite beleef het, sal geabsorbeer word deur ondersteuning aan ondernemings en om die verlies
Continue reading…