Zuma se versoek om die lasbrief vir sy inhegtenisneming te laat opskort, is toegestaan en hy sal nou op 12 Julie in die Grondwethof aangehoor word. Volgens ‘n beëdigde verklaring van Itumeleng Mosala, die sekretaris van die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping, is hy nie geneë met Jacob Zuma se jongste hofaansoek nie.
Die Zondo kommissie is van opinie dat Jacob Zuma die howe ondermyn en glo dat die Grondwethof die gedrag nié moet duld nie. Die Zondo-kommissie het vroeër die Grondwethof genader nadat Zuma geweier het om – ingevolge ‘n hofbevel – voor die kommissie te getuig, maar Zuma beweer sy reg tot stilswye is geskend.
Luister Hier:
[embed]https://saukradio.com/wp-content/uploads/2021/07/7-Julie-zuma-zondo.mp3[/embed]
Dié beëdigde verklaring sal in ‘n dringende aansoek deur die kommissie en sy voorsitter, adjunk-hoofregter Raymond Zondo gebruik word om Zuma se aansoe
Continue reading…