Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens het sy fokus nou verskuif na die taxibedryf van R90 miljard, wat verlede jaar slegs sowat R5 miljoen aan belasting betaal het. Die belasting van R5 miljoen wat verlede jaar deur die bedryf betaal is, kan nie eens die inkomstebelasting van een provinsie se minibustaxi’s wees nie, en daar was gevolglik ‘n groot reaksie in die media en op sosiale media hieroor.
Hoe die minibustaxibedryf deur die jare blykbaar daarin kon slaag om sy belastingverpligtinge in ‘n groot mate te omseil, is nog nie duidelik nie, maar finansiële kundiges vra dat die bedryf intensief ondersoek word om belasting te verhaal van die vorige jaar se inkomste wat gegenereer is.
Luister hier: