Het iemand vir ons gevra? Na die Gupta skandaal aan die lig gekom het, het Pravin Gordhan gesê mense moet die kolletjies verbind, en as ons dit doen, blyk dit dat die privatisering van SAL nog ‘n plundering skema deur die ANC-mafia is. Harith, die nuwe eienaar van SAL, is deur die Mbeki- en Ramaphosa-faksie van die ANC gestig en het moontlik fondse gebruik wat aan die pensioenfonds van die regering (PIC) behoort. Net soos toe multimiljardêr-oligarge na die val van die USSR geskep is, deur openbare staatsbates in privaat sakke te plaas. is die privatisering van die SAL net ‘n massiewe slenter, wat ontwerp is om die SAL vas te vang vir kaders verbonde aan Ramaphosa se faksie van die ANC! Is die SAL doelbewus bankrot gemaak om hierdie buit van ons bates moontlik te maak?
Die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, het op Vrydag 11 Junie aangekondig dat ‘n konsortium genaamd Takatso SAL sal verkry en 51% daarin sal besit.