Zuma is vyf dae gegun om homself aan die polisie oor te gee. As dit nie gebeur nie, moet die minister van polisie sy inhegtenisneming afdwing.
Die vonnis volg nadat die konstitusionele hof hom skuldig bevind het aan minagting omdat hy sy bevel om in die hof te verskyn tydens ‘n ondersoek na korrupsie, terwyl hy president was, ignoreer het.
Luister Hier:
[embed]https://saukradio.com/wp-content/uploads/2021/06/30-June-15-mde.mp3[/embed]
Zuma se bewindstyd, wat in 2018 geëindig het, is geteister deur onreëlmatighede.
Sakemanne word daarvan beskuldig dat hulle met politici saamgesweer het om die besluitnemingsproses te beïnvloed.
Die voormalige president het slegs een keer getuig tydens die ondersoek na wat bekend staan as ‘staatskaping’, maar het geweier om daarna weer te verskyn.
Die ondersoek – onder leiding van regter Raymond Zondo – het die konstitusionele hof gevra om in te gryp.
Waarn
Continue reading…