Die tekens van verwaarlosing en verval was oral. Eens trotse Wes-Transvaalse dorpe is nou vullishope waarop ANC-politici onder mekaar veg om hul hande op die laaste bietjie geld in die munisipale bankrekeninge te lê. Ongelukkig vat dit die stand van plaaslike regering regoor Suid-Afrika saam, maar veral in provinsies soos Noordwes en die Vrystaat wat jare lank in die wringgreep van die sogenaamde RET-faksie (Radikale Ekonomiese Transformasie) van die ANC was.
Hierdie provinsies is stelselmatig droog geplunder deur provinsiale politici soos Ace Magashule en Supra Mahumapelo, wat almal lojale Gupta-luitenante was.
Luister Hier: