Die EFF se sogenaamde arbeiderslessenaar in Pretoria het Woensdagoggend ‘n onwettige betoging gehou by die ouetehuis Huis Herfsblaar, maar hulle is onder beheer gehou deur Polisie en die Bittereinders group wat gevra is om te help. Daar is glo meningsverskil oor lone en die sosialistiese EFF het blykbaar hulself nou as vakbond en regter aangestel?
Die aanstigter van die onwettige optog, Baatseba Nchabeleng, het beweer die ouetehuis het gekwalifiseerde verpleegkundiges in diens en betaal hulle glo “ver onder die minimum loon vir gekwalifiseerde verpleegsters.” Sy beweer die “werkgewer is steeds arrogant en vasbeslote om nie die loonaanpassings aan te bring nie,” maar is die arbeidshowe nie die geskikte plek vir sulke dispute nie?
Luister Hier: https://saukradio.com/wp-content/uploads/2021/07/herfblaar
Continue reading…