Die twee grootste vakbonde wat werkers verteenwoordig by Eskom, NUM en NUMSA (Dumb en Dumber Dalk?), het voelers al uitgesit om minstens 15% salaris verhogings te beding vir hulle lede, wat natuurlik ‘n 15 % verhoging in hul eie inkomste sal beteken.
Die National Union of Metalworkers of South Africa (NUMSA) en die National Union of Mineworkers (NUM) se motivering agter die groot salaris verhogings
is aangesien hulle daardeur meer ledegeld invorder, maar ook omdat dit meer lede sal aantrek. Die produktiwiteit en lewensvatbaarheid van die myne is die laaste ding waaraan hulle dink, al kan dit hul lede se werke kos.
Dit vakbonde het die aankondiging gemaak nadat gerugte rondgegaan het dat die ANC staatsamptenare en die werkers by Staatsentiteite se salarisse vir drie jaar wil vries. Die multi-kulturele Solidariteit wil glo beding vir 9,5% vir sy lede, terwyl die regering glo daarop ingestel is om geen verhogings toe te staan nie.
Continue reading…