“Ek wil graag hê dat my musiek soveel as moontlik moet weerspieël van wie ek as mens is. Hoe meer geloof jy in die onderwerp het waaroor jy sing, hoe beter en meer eg is die vertolking daarvan.
Daarom het ek liedjies gekies waarmee ek myself kon vereenselwig en wat ’n opbouende boodskap vir die luisteraar kan bring,” verklap Vernon Barnard oor sy eerste album wat pas vrygestel is.
Deur Jou Oë is iets waarna Vernon-aanhangers al uitsien vanaf die oomblik toe Bobby van Jaarsveld sy stoel vir hom gedraai het gedurende die blindeoudisies van die realiteitsprogram, The Voice SA. Die album bied ’n treffende kombinasie van pop- en alternatiewe musiek, in die sanger se kenmerkende styl, wat by gehore van alle ouderdomme sal aanklank vind.
Tien van die veertien snitte op die album is oorspronklike Afrikaanse werke, waarvan twee, Onthou en Steunpilaar, uit die ster se eie pen kom. Daar is ook ’n Engelse liedjie, I Like It That Way en drie unieke verwerkings
Continue reading…