Dit het byna onmiddellik duidelik geword hoe sleg en chaoties die mense van die ANC-regime werk, as ons dit werk kan noem, toe die portefeuljekomitee van die Polisie die Vuurwapenregister die naweek besoek het. Maar vir ‘n Sosialis sal dit egter gesien word as skitterende werk!
Met die eerste oogopslag was die bewyse voor die hand liggend dat die vuurwapenlisensie-aansoeke in totale chaos verkeer, en dat die duisende dokumente wat in ‘n kamer opgestapel is, die duidelike bewys van chaotiese wanorde is. Die portefeuljekomitee van die polisie het die Register-afdeling waar vuurwapenlisensies hanteer word besoek, maar dit het duidelik geword dat niemand met die huidige stand van sake by die Register iets daaraan sal kan doen nie.
Luister Hier: