Is dit toevallig dat dieselfde aanklaer wat destyds vir Theo Jackson en Willem Oosthuizen, in die sogenaamde doodskis twee saak vervolg het, waar politieke partye ook die storie na ‘n groot rassekaart storie en media sirkus omskep het, nou ook die #Dirkiesdorp saak hanteer? Word aanklaer Robert Molokoane elke keer gekies om in sekere sake aan te kla weens sy spesiale talent om ‘n vals narratief op te stel en mense aan te kla op grond van hul wit ras en nie vir enige ander rede nie?
As mens kyk na hoe meedoënloos die staat se aanklaer, die einste Robert Molokoane sy vals narratief en blatante leuens volhou, in die #Dirkiesdorp borgaansoek, dan wonder mens regtig, is Robert Molokoane die NVG se rassekaart impakspeler? Hy het Woensdag in die hof voortgeborduur met sy uit-die-duim gesuigde opmaakstories en vals narratief, met die uitsluitlike doelwit om 5 onskuldige mans vir ‘n langdurige en onbepaalde tyd in die tronk aan te hou, sonder verhoo
Continue reading…