Die Italiaanse energiemaatskappy Eni het Maandag beweer dat ‘n buitelandse gasprojek in die noorde van Mosambiek, wat deur die ISIS geweld getref is, steeds op dreef is om, ondanks die onrus, in 2022 te begin werk, maar daar bestaan twyfel oor die lewensvatbaarheid van eksplorasie-terreine vir vloeibare aardgas (LNG) buite Afungi-skiereiland in Mosambiek, sedert militante die kusdorp Palma in Maart aangeval het.
Die dodelike klopjag op die operasionele middelpunt van die projekte, het die Franse oliereus Total genoop om die werk aan ‘n massiewe LNG-projek van $ 20 Miljard (R284 miljard) – die grootste enkele belegging in Afrika – op te skort en ‘n ‘force majeure’ te verklaar en alle personeel te ontruim.
Luister Hier:
[embed]https://saukradio.com/wp-content/uploads/2021/06/22-June-ISIS.mp3[/embed]
Maar Eni, wat in 2016 sy eie LNG-projek in die gebied van stapel gestuur het, het gesê dat die opstan
Continue reading…