Vernon Barnard, die sanger wat ‘Voel’ sing, het ‘n nuwe treffer, sy splinternuwe liedjie is “Alles om my”, die nuwe pop-liedjie betree hierdie week ons Top 20 op die 20ste posisie.
DZL en ADAM betree ook hierdie week ons Top 20. ADAM het die afgelope naweek hulle splinternuwe album “Bewe” bekendgestel. DZL se liedjie “Het jy al gelewe” is in posisie nommer 17 en ADAM met hulle liedjie “Haar vuur” is in posisie nommer 16. Loer hieronder na ‘n video van ADAM se liedjie “Haar vuur” in die Die Groot Ontbyt studio. Loer ook hier onder na die treffer van DZL “Het jy al gelewe”
Robbie Wessels & Bok van Blerk behou die nommer 1 posisie die week met hulle treffer “Die sluise van die hemel”.
Kom ons spring weg en kyk na die stand van sake op ons Top 20 lys vir die week wat voorlê:-
1. Bok van Blerk & Robbie Wessels – “Die sluise van die hemel”
2. Appel – “Boer loop deur my are”
3. DECA en Len Muller – “Oorwin”
4. Steve Hofmeyr – “Redgebed”
5. Elandré – “Die lyn”
6. Liezel Pieters – “Sing jou hart uit”
7. Kurt Darren – “Haal asem”
8. Jo Black – “Die vrou wat ek liefhet”
9. Janie Bay ft Hunter Kennedy – “Wag vir jou”
10. Elizma Theron – “Marilyn Monroe”
11. Anders – “Bruid”
12. Ray Dylan – “Uitbasuin”
13. Lizandra Winter en Joshua na die Reën – “Ek wil vir jou”
14. Vernon Barnard – “Voel”
15. Juan Boucher – “Onthou jy om jonk”
16. ADAM – “Haar vuur”
17. DZL – “Het jy al gelewe”
18. Jay – “So lank sale k jou liefhê”
19. Joshua na die Reën – “2017”
20. Vernon Barnard – “Alles om my”
Hier is jou nommer 1 – Bok van Blerk & Robbie Wessels – “Die sluise van die hemel”
Hier is jou nommer 2 – Appel – “Boer loop deur my are”
Hier is jou nommer 3 – DECA en Len Muller – “Oorwin” Ongelukkig kon ek nog nie ‘n musiekvideo of ‘n klankgreep vir julle in die hande kry van die liedjie nie, maar ek gaan aanhou soek om dit vir julle in die hande te kry !!
Hier is jou bonus musiekvideo’s of klankgreepe:-
DZL – “Het jy al gelewe”
ADAM – “Haar vuur”
En daar het julle die Top 20 van ons kant af. En soos gewoonte gee ek vir jou die gewilde musiek videos/klankgreep sommer net hier vir jou om na te kyk en na te luister. Indien jy ‘n Sanger ingedagte het wat jy dink moet op die Top 20 kom, kontak ons gerus (loer op die webtuiste vir die kontak besonderhede)
Ek groet tot volgende week … dieselfde tyd … dieselfde plek !!