Natasha Mazzone, DA-LP, het ‘n beroep op die ANC se SA Polisiediens gedoen om hul ondersoek na klagtes wat die party teen Julius Malema, leier van die EFF, en sy adjunk, Floyd Shivambu, aanhangig gemaak het, te bespoedig.
Dit volg nadat Shivambu se broer, Brian, ‘n skulderkenning van R4,55 miljoen met VBS Mutual Bank-gekoppelde Vele Investments onderteken het; terwyl hy erken het dat daar “geen onderliggende basis vir die betaling” was nie. Brian se prokureurs het aangedring op ‘n vertroulikheidsklousule tydens die ondertekening van die erkenning.
Luister Hier:
[embed]https://saukradio.com/wp-content/uploads/2021/06/11-June-VBS.mp3[/embed]
Malema, Shivambu en Brian is almal betrokke by die ineenstorting van VBS Mutual Bank en die plundering van fondse wat dateer uit 2018. Sunday Times het ook berig dat Malema glo persoonlik voordeel getrek het uit VBS-fondse en maatskappye wat met die Limpopo-regeri
Continue reading…