‘n “Klein berekeningsfoutjie” is glo in aankope gemaak deur die Onderwys dept van die Noordwes provinsie. Gesigmaskers moes volgens begroting net R2.5-mil kos, maar R9.2-mil is daarop bestee! Die het eers aan die lug gekom nadat die Spesiale Ondersoek-eenheid (SOE) na die saak gekyk het.
Volgens Kaizer Kganyago, woordvoerder van die SOE, is dit Nasionale Tesouriebeleid dat tenders van regeringstellings, met ‘n waarde van R500,000 en meer, deur tenderkomitees oorsien word.
Luister Hier:
[embed]https://saukradio.com/wp-content/uploads/2021/06/23-June-maskers.mp3[/embed]
Die probleem het glo ingesluip toe die onderwysdepartement ‘n onafhanklike komitee bymekaar geroep het, om die bestuur van die verkryging van persoonlike beskermde toerusting te hanteer.
Volgens Kganyago het die komitee twee kwotasies vir 50,000 gesigmaskers (per kwotasie) namens die onderwysdepartement aangevra. “Met die eerste kwotas
Continue reading…