Op 14 Augustus is dit jaarliks Afrikaanse Taaldag en word dit herdenk as die geboortedag van Afrikaans want op die datum op 14 Augustus 1875 is die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA) te Paarl gestig. Derhalwe is Afrikaans vanjaar 146 jaar oud. In die tydperk is Afrikaans uitgebrei tot akademiese en wetenskapstaal wat volgens Prof Wannie Carstens, bekende taalkundige, een van vyf vereistes vir oorlewing van enige taal is, wel, dit is totdat globalisme aangekom het…
Dit is daarom terselfdertyd tragies en ironies dat 14 Augustus 2021 aangedui word as die laaste dag waarop mense kommentaar kan lewer op die tweede konsep-weergawe van die Universiteit Stellenbosch se taalbeleid. Die Beleid (volgens die inleidende gedeelte) beoog “om billike toegang tot die Universiteit Stellenbosch vir alle studente en personeellede uit te brei, meertaligheid én waardering vir meertaligheid te bevorder, en pedagogies verantwoordbare leer
Continue reading…